’n MAN van Wellington is Saterdag in die bad dood aangetref.
Ivan Swartz (38), inwonende toesighouer van die Bergrivier Koshuis in Wellington, het die vorige aand gesterf nadat hy vermoedelik in die bad in sy woonstel in die koshuis ’n hartaanval beleef het. Hy het hiertydens gegly en sy kop gestamp.
Swartz sou glo die aand met sy vriendin, Mary Ruiters, uitgaan. Toe hy Saterdagoggend steeds nie met haar in verbinding getree het nie, het sy begin bekommerd raak.
Sy het na die koshuis gegaan en in die badkamer op sy liggaam afgekom.
Swartz se droom van onderwyser word, sou binnekort bewaarheid word, want hy was vanjaar besig met sy finalejaar-eksamens by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie op Wellington.
Hy was ’n boorling van Graafwater.