Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Inwoners worstel al 20 jaar

Inwoners worstel al 20 jaar
 
2009-11-19

Sieb Sieberhagen

INWONERS van die informele gemeenskappe in Carterville, waarvan ’n groot groep op private grond woon, is nou goed keelvol vir hulle omstandighede.

“Ons bly in onmenslike omstandighede op grond wat ons huur by mnr Dalvey omdat ons geen ander heenkome het nie. Ons voel dat Drakenstein Munisipaliteit, nie aandag gee aan ons probleme nie.”

Die Dalvey-inwoners bly nou, nadat ontwikkeling aan hulle westelike kant begin het, letterlik in ’n dam. Tydens die reënseisoen gaan hulle gebuk onder oorstromings en van hulle mense word baie siek.

Daar is omtrent 400 tot 500 mense wat daar woon, sommige van hulle al twintig jaar.

Tot vandag toe het die taakspan, wat deur burgemeester Charmaine Manuel op 30 September belowe is, nog nie by hulle uitgekom nie.

“Die Burgemeester het gesê dat sy kennis dra van die probleme van die Dalvey-inwoners, maar niks gebeur nie,” sê Anwar Romes, ’n besorgde inwoner van Wellington, wat hom oor die Dalvey-inwoners ontferm.

“Die belofte was maar net ’n manier om van die probleem ontslae te raak. Die Dalvey-inwoners is almal waglys-mense.

“Dié mense is nie die verantwoordelikheid van mnr Dalvey nie. Hy het die mense gehelp omdat hulle geen ander heenkome gehad het nie. Dit is nou die verantwoordelikheid van die Burgemeester en haar Raad,” sê hy.

Die Dalvey-inwoners, wat al almal vir behuising aansoek gedoen het, betaal weekliks ’n bedrag van R40 aan Backa Dalvey, die eienaar van die grond.

Volgens inwoners het Drakenstein Munisipaliteit twee jaar gelede water aangelê en 16 toilette daar opgerig.

May Carolissen, woordvoerder van Drakenstein Munisipaliteit, sê dat die Dalvey-inwoners op privaatgrond bly en hulle die verantwoordelikheid van die eienaar is.

“Die munisipaliteit het wel water en toiletgeriewe beskikbaar gestel. Die proses om aandag te gee aan dié probleem neem egter lank en die taakspan wat soos die burgemeester belowe is, sal mettertyd dié probleem aanspreek.”




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za