Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


'n Feit soos 'n koei

'n Feit soos 'n koei
 
2009-11-26


WEER EENS oorheers misdaad die nuus hierdie week. En inwoners van die gebied voel ’n bietjie vuisvoos hieroor.

Vrae word gevra hoekom daar altyd verslag gelewer moet word oor die ‘slegte nuus’. Maar koerante is daar om die daaglikse nuus te dek en ongelukkig beleef ons ’n tydperk waar misdaad oorheers.

Ná die onlangse aanvalle teen die hange van Paarlberg, was hierdie kwessie op almal se lippe dwarsoor die gebied.

Die publiek kan nie hieroor uitgepraat raak nie, asook oor hoe hulle hulself hierteen gaan beveilig.

’n Koerant is die spreekbuis van die gebied wat algehele gebeure weerspieël, en is verplig om die gemeenskap op hoogte van sake te hou, goed of sleg.

En ja, ons berig ook graag oor goeie nuus. Maar verkoopsyfers styg wanneer die koerant harde nuus dra. Dit is nou maar ’n feit soos ’n koei dat goeie nuus nie eintlik koerante verkoop nie.

Indien die ware nuus verberg word, plaas ons onsself en die gemeenskap onder sensuur, en verhoed dat mense paraat en ingelig is.

Die Paarl Post, reeds talle kere bekroon vir sy inhoud en hoë vlak van joernalistiek, word beskryf as ’n goed-gebalanseerde pakket waarby die hele gemeenskap baat. En dit is presies waarna ons streef.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za