Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fondse gesoek vir restourasie van koshuis

Fondse gesoek vir restourasie van koshuis
 
2009-11-26


MEER as ’n jaar nadat die historiese Huis Cummings, koshuis van Hugenote Kollege, in puin gelê is deur ’n verwoestende brand, staan hierdie bouval steeds verlate, maar daar is beslis planne in die pyplyn om dit te restoureer. Dit word tans omhein om die perseel te beveilig as konstruksieterrein.

Die gebou sal waarskynlik nie weer as ’n koshuis dien nie, maar sal herstel word om te dien as biblioteek vir die kollege, moontlik met ’n rekenaarsentrum.

Daar word nou gekyk of daar tussen die kollege en die NG Kerk (eienaar van die gebou) genoeg fondse gevind kan word vir hierdie duur projek, aangesien die versekering onvoldoende fondse uitbetaal het.

In die nag van 13 Mei 2008 het ’n brand in dié koshuis ontstaan, vermoedelik weens ’n kortsluiting in ’n verwarmer in een van die studente se kamers.

Die brand het baie vinnig versprei weens die hoeveelheid houtafwerkings binne die historiese sandsteen- en granietgebou. Slegs die klipgeraamte het bly staan.

Huis Cummings is een van die eerste geboue van Hugenote Kollege, en is in die laat 1800’s gebou.

Die gebou, ’n nasionale gedenkwaardigheid, is vernoem na Anna Cummings, ’n Amerikaanse onderwyseres wat in 1887 by die Hugenote Seminarie (meisieskool en onderwyskollege vir vroue) in Wellington begin werk het as onderwyseres en in 1910 hoof geword het daarvan. Die skool is in 1873 deur dr Andrew Murray gestig.

Dicey du Toit, erfenis-konsultant, het navorsing gedoen en argiteksfirma Malherbe Rust het die verskillende moontlikhede met die restourasie bekyk.

Daar is bevind dat restourasie as ’n koshuis te duur sou wees, veral aangesien die versekeringsdekking om die skade te dek, onvoldoende was.

Hoewel daar ’n groot tekort aan geld is, is planne in die pyplyn dat die kollege en die NG Kerk, eienaar van die gebou, sal saamstaan om die gebou te restoureer.

Samesprekings is onlangs gehou tussen dr Johan Viljoen (rektor van die kollege), ds Francois Cillié (saakgelastigde van die NG Kerk se Wes- en Suid-Kaapse Sinode) en Dirkie van Niekerk, boukonsultant, om die moontlikhede om die stigting van ’n boufonds te bespreek.

* Huguenot College plans to launch a fund for the restoration of Cummings hostel.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za