Feesliggies
2009-11-26
STRATE in Paarl en Wellington gaan vanjaar weer tydens die Liggiesfeeste gesluit word. In die Paarl word Lady Grey- en New- straat, asook sekere dele van aangrensende strate, gesluit op 4, 5 en 6 Desember vanaf ongeveer 17:30 (5 Desember vanaf 15:00). Lady Greystraat word gesluit van Hoofstraat tot by Bredastraat. Op Wellington sal Kerkstraat van Jan van Riebeeckstraat tot die Masonic-sentrumeerskomende Vrydag gesluit wees vanaf ongeveer 17:30. Besighede wat tydens die liggiesfees oop gaan wees, moet hul eie veiligheidspersoneel aanstel en word versoek om nie enige stalletjies op die sypaadjies te hê nie. Stalletjies mag bedryf word indien plek daarvoor bespreek is by die toerismeburo.
More
News
|