Andriėtte sing by Ou Meul
2009-11-26
DIE naaswenner van Idols 2007, Andriėtte Norman, gaan Vrydag 27 November om 20:00 by die Ou Meul-teater die Paarliete bekoor met haar pragtige stem. Andriėtte is gebore in Brackenfell en het ook daar grootgeword. In 2008 het haar professionele sangloopbaan begin nadat sy as naaswenner van SA Idols aangewys is.;}">Sy word beskryf as die spreekwoordelike Soul sister. In 2008 het sy haar eerste CD vrygestel met liedere uit die pen van onder andere Steve Hofmeyr en André Swiegers. Vir twee jaar agtereenvolgend het sy ook saam met die grootste name in die musiekbedryf by die Huisgenoot Skouspel opgetree. Sy sal jou vir seker vermaak en jou wegvoer na al die denkbare genres van musiek insluitende ACDC, Queen, Abba, Eva Cassidy, Billy Joel en nog vele meer. Andriėtte se nuwe CD Dink aan my oortref alle verwagtinge en laat die Superbowl stom met haar sterk, ryk stem. Haar nuwe Fifa medley raak elke Afrikanerhart! Kaartjies is R80 per persoon. Bespreek by Vicky Stemmet by 083-564-0056.
More
News
|