Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Perdeplaas in sak en as

Perdeplaas in sak en as
 
2009-11-26

Lise Beyers

’n PERDELANDGOED in die Bovlei buite Wellington, lê tans in sak en as nadat dit ’n geruime tyd gelede bankrot verklaar is.

En bo en behalwe die algehele agteruitgang van die landgoed, is 14 families van hierdie plaasgemeenskap verlate gelaat.

Oaklands Landgoed, wat meer as 200 hektaar beslaan, is geleë in een van die mooiste valleie in die land, maar is verlede jaar gelikwideer.

Hierna het die plaas onder die hamer gekom en ’n bereidwillige koper is gevind.

Die opgewondenheid van plaaswerkers wat uitgesien het na ’n rooskleurige toekoms, was egter van korte duur. Die koop het platgeval en die plaas gaan by die dag stelselmatig agteruit.

In sy bloeityd was Oaklands wêreldwyd bekend vir die teel van renperde.

Met wêreldklas-perdestalle en kampe, omring deur asemrowende natuurskoon, was dit inderdaad ’n spogplaas.

Daar was ook ’n organiese vrugteboerdery en ’n bekende botteleringsaanleg van mineraalwater.

Vandag is dit egter ’n totale ander prentjie.

Die pad by die ingang na die plaas is ontoeganklik weens ’n bruggie wat twee jaar gelede tydens winterreëns ineengestort het. Nog ’n brug wat lei na die destydse kantore, is heeltemal weggespoel.

Die stalle, wonings en ander geboue staan vervalle en indringerbome en plante skiet oral op.

Intussen sit die meerderheid plaaswerkers ook sonder inkomste.

Elizabeth de Jager, wat reeds 12 jaar op Oaklands woon, sê dat swaar tye nou hul gemeenskappie getref het.

“Net ’n paar mense híér word so ’n klein bietjie betaal vir die oppas van perde wat hier gelaat is vir bewaring. Die res van ons moet elders soek vir werk.

“Ons mans loop heeldag van plaas tot plaas op soek na werk, net om ’n bietjie brood op die tafel te sit.”

Oaklands is nou so vervalle dat kenners van mening is dat ’n voornemende koper miljoene rande sal moet uithaal om die plaas op te knap.

Maar daar is wel lig aan die einde van die tonnel. Daar is ’n aantal voornemende kopers, van wie een so vroeg as hierdie week ’n koopkontrak kan onderteken.

Daar word gehoop dat die plaas hierna tot sy voormalige glorie herstel sal word.

*The stud farm Oaklands in the Bo-Vlei farm,has gone to rack and ruin due to neglect.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za