Golf kry voete
2009-11-26
NOG ’n VW Golf motor is onlangs gesteel by ’n treinstasie. Dit lyk nou asof ’n bende wat hierdie motors teiken, plaaslik doenig is, aangesien daar voorverlede week drie ouer modelle VW Golfs op een dag by Huguenot-stasie gesteel is. Verlede Woensdag is nog so ’n voertuig gesteel tussen 05:20 en 17:00 toe die eienaar hiervan per trein werk toe is. Toevallig vind die diefstal van hierdie spesifieke motors plaas kort ná die aankondiging dat VW Golfs nie meer vervaardig gaan word nie. Aangesien hierdie voorvalle aan die toeneem is, word die publiek gevra om hul voertuie met ’n alarmstelsel of ratslot te beveilig.
More
News
|