KINDERS wat nie meer langer kan wag om Kersvader te ontmoet nie, kan ’n vroeë Kersfees kom beleef tydens die volmaanpiekniek by die Taalmonument op Woensdag 2 Desember.
Ouers kan ’n gratis spasie bespreek in Kersvader se Kerskous vir hul kinders se geskenke. Die son sak om 19:43 waarna dit donker sal wees tot die maan sowat ’n halfuur later om 20:17 opkom. Die monument sal tot 22:00 oop wees. Al die ligte by die monument word vir die aand afgeskakel.
Toegang is R12 (R5 vir studente en R2 vir kinders). Geen honde of vure word toegelaat nie en dit is ’n goeie idee om ’n flitslig saam te bring.
Besoekers mag hulle eie piekniekmandjies saambring of kan ’n mandjie saamstel vanaf Volksmond Koffiewinkel se piekniekspyskaart.
Vir bestellings, skakel 021-863-2800. Vir navrae, skakel 021-872-3441 of stuur ’n e-pos na bemarking@taalmuseum.co.za.
Die monument is saans oop tot 20:00. Besoek www.taalmonument.co.za vir meer inligting.