DIE Westelike Provinsie Bloedoortappingsdiens versoek alle belangstellendes om bloed te skenk en so te verseker dat die provinsie se bloedvoorraad stabiel bly, veral met die feesseisoen om die draai.
Veral lede van die bloedgroep O is gesog, aangesien daar tydens tye van verhoogde verbruik van bloed groter druk op nood-bloedvoorraad geplaas word, wat hoofsaaklik uit Groep O bestaan.
Enige persoon tussen 17 en 65 jaar, wat meer as 50kg weeg en ’n gesonde, veilige leefstyl handhaaf, kan bloed skenk. Skenkers moet onthou om te eet voordat hulle die kliniek bywoon.
Diegene wat belang stel om te skenk kan die WP Bloedoortappingsdiens by Hoofstraat 263, Paarl, Donderdae besoek. Vir meer inligting, kontak die WP Bloedoortappingsdiens by 021-871-1030.