Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nog gesinne aangeval

Nog gesinne aangeval
 
2009-11-26

Lise Beyers

SKAARS vier dae ná ’n gewelddadige aanval op ’n bekende familie van die Paarl, het vermoedelik dieselfde rowers weer toegeslaan.

Verlede Vrydag, kort na middernag, is Carl Wilmans, ’n familievriend van die Liebenberg-gesin van L’Ideal landgoed agter Hoër Meisieskool Paarl, oorval deur vyf mans terwyl hy buite hul woning gesit het.

Daar is aan hom gewys dat hy moet stil bly en dat hulle geld en selfone soek. Hy het glo ’n pakkie sigarette uit sy sak gehaal en gesê dat dit al is wat hy het.

Een van die rowers is na binne en die jong man het om hulp geroep. Die huiseienaar, Barney Liebenberg, het tot sy hulp gekom en het wel ’n paar houe ingekry voordat die mans gevlug het.

Al wat hulle gebuit het, was ’n handsak, maar Wilmans het ’n paar ligte messteekwonde in die arm opgedoen in ’n struweling.

Teen hierdie tyd het talle inwoners van L’Ideal by die toneel aangekom en gehelp soek na die voortvlugtiges. Hulle spoor is gevind op die hokkieveld van Hoër Meisieskool, asook die handsak wat hulle laat val het.

Die mans het skynbaar in die rigting van Klein Reservoir gevlug, maar hier het hulle verdwyn. Polisieversterkings is ingeroep maar selfs lede van die Paarl honde-eenheid kon nie die voortvlugtiges se spoor vind nie.

* Dinsdagaand is ’n ma en dogter op ’n spoglandgoed, Simonsview in Simondium, aangeval. Drie mans, ook met balaklavas oor die kop, het toegang tot die woning verkry.

Hulle het eers die dogter met messe gedreig en op waardevolle items aangedring, voordat hulle na haar ma se kamer is.

Sy het daarin geslaag om die alarm te aktiveer, en die mans het met ’n selfoon en skootrekenaar ontsnap. Daar is ooreenkomste met drie vorige aanvalle hierdie maand.

Op 31 Oktober is die Killian-gesin van Bosmanstraat, Paarl, deur ’n groep mans, wat ook balaklavas gedra het, aangeval. Verlede Sondagaand was dit die beurt van die Van der Sluys-gesin in Non Pareillestraat. Hiertydens is Marie-Joan van der Sluys se arm gebreek en haar seun Wilhelm, in die bors gesteek met ’n mes.

Enigiemand met verdere inligting kan die polisie skakel by 021-807-4000.

* Another family has been attacked on the slopes of Paarl Mountain and another in Simondium.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za