Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skool gee hupstoot aan Kersfonds

Skool gee hupstoot aan Kersfonds
 
2009-11-26


DIE Paarl Post Kersfonds, wat elke jaar fondse insamel vir welsynsorganisasies gesteun deur die Wes-Kaapse Gemeenskapskas, het ’n hupstoot van ’n plaaslike skool gekry.

Die leerders van Laerskool Courtrai het met Loslitdag betaal om loslit aan te trek, en so altesame R954 ingesamel vir die Kersfonds. Dit bring vanjaar se insameling te staan op R11 254,

Die Gemeenskapskas steun sowat veertog plaaslike welsynsorganisasies in die Paarl Post se lesersgebied en lesers word uitgenooi om dié poging ’n hupstoot te gee met bydraes tot die 2009 Paarl Post Kersfonds.

Alle plaaslike bydraes word in ’n afsonderlike bankrekening inbetaal en deur die Gemeenskapskas teruggeploeg in die Paarlvallei - geen bydraes van ons lesers sal aan begunstigdes buite die Paarl Post se lesersgebied uitbetaal word nie.

Die Gemeenskapskas se begunstigdes in die Paarlstreek is ACVV Paarl, Paarlvallei, Wellington en Franschhoek, Sanca Paarl, Rusoord Tehuis vir Bejaardes, Silwerkruin-ouetehuis, ACVV Paarl, ACVV Paarl-Vallei, Oase Dienssentrum vir Bejaardes, Badisa Paarl en Wellington, Kindersorg Paarl en Wellington, Drakenstein Sentrum vir liggaamlik gestremdes, Aandblom bejaardesorg (Windmeul), Care Craft werkswinkel vir epilepsielyers in Wellington, Abbeyfield-tehuis Wellington en Andrew Murray Kinderhuis, Help & Health Feeding Scheme, Haven Nagskuiling, Ikhwezi Trust, Kindersorg Paarl en Wellington, Saron Gemeenskapsdiens en Good Hope Psychological Services.

Kleuterskole en kindersorgsentrums wat steun kry, is Wielie Walie, Trompie, Sinethemba, Mamzana, Lingelihle, Masibulele, Nompumelelo, Ncebekazi (gestremde kinders), Kairos (Simondium), Amstel-nasorg, Magnolia-nasorg, Rise & Shine, Little Stars, Little Flower en Siyakhula.

Ander diensorganisasies wat ook steun kry by Gemeenskapskas is Sanra, Cansa, Rapcan, Famsa, Outisme Wes-Kaap, TB Care, Hospice, Dementia SA en Diabetes SA.

Skenkings kan direk inbetaal word in die Gemeenskapskas/Paarl Post Kersfondsrekening 62152029007 by FNB (taknr 261150) en faks die strokie na 086-581-0723. Vir navrae, skakel 021-870-3701.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za