Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bobaas-tennisspelers slaags in HMS vertoonwedstryd

Bobaas-tennisspelers slaags in HMS vertoonwedstryd
 
2009-11-26


OP Woensdag 2 Desember bied Hoër Meisieskool Paarl ’n Tennis-vertoonwedstryd saam met HJS (op HMS se tennisbane) aan, waartydens twee van Suid-Afrika se voorste tennisspelers kragte sal meet.

Verrigtinge sal reeds om 16:30 afskop, met die o.13 gemengde dubbelswedstryde (1-4), gevolg deur die o.19’s se gemengde dubbels-wedstryde (1-6) om 17:30.

Die vertoonwedstryd tussen die groot menere, Nikala Scholtz en Robbie Blair, sal om 18:30 plaasvind.

Nikala Scholtz (’n Oud-Boishaaier) was SA o.18 kampioen toe hy maar 16 jaar oud was en is tans nommer 28 op die wêreld junior ranglys.

Scholtz het al in Grand Slam-toernooie gespeel soos die Australië-, Franse- en Amerikaanse Ope, asook by Wimbledon.

Robbie Blair is tans tennis-afrigter by HJS en HMS.

Op skool was hy die SA nommer 1-speler in die o.14-, o.16- en o.18 ouderdomsgroepe.

Hy was die wenner van twee van Suid-Afrika se junior nasionale kampioenskappe en was lid van die o.14 SA-span wat die wêreldbeker vir Suid-Afrika verower het.

Spelers van HMS wat in aksie gaan wees, is (o.13) Michelle Marx, Heike Marais, Inge Clift, Mieke Karstens, (o.19) Mikhyla Cupido, Sumaré Marais, Dyveke Borg, Amore de Villiers, Marlie Coetzer en Corinne Burger.

Spelers van HJS wat in aksie gaan wees, is (o.13) Stephen Lombard, Jacques de la Bat, Altus Karsten, Robert Bradbury, (o.19) Egon Samaai, Schalk Pienaar, Drikus Muller, Christiaan van der Burgh, Johan Oberholster en Malan Bartleman.

Toegang is gratis en almal is baie welkom.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za