Sportdagboek|Sport diary
2009-11-26
DIRTOPIA HIKING
The HI-Tec Full Moon Hike will take place on Wednesday 2 December at the Dirtopia Trail Centre, Delvera Farm, R44 between Stellenbosch and Klapmuts. Costs are R40 per person and start time is 18:15. Contact 021-884-4752 or info@dirtopia.co.za or visit www.dirtopia.co.za.
KUSHENGEL
Paarl Kushengel se liga-kompetisie vind 5 Desember plaas by Die Damme (06:00 tot 16:00). Kontak vir Gerrit van Niekerk by 083-259-4310.
KARATE
Hayashi-ha Karate bied op 5 Desember (09:00) ’n “celebration tournament” aan te Bridge House Privaatskool in Simondium, ter viering van Shihan Patrick Ross se 40 jaar in Karate. Verskeie style sal deelneem en inskrywingsgeld is R50 per item. Hayashi-ha Karate se bekeruitdeling vind plaas op 16 Desmber in die Gemeenskapsaal. Alle studente moet teenwoordig wees. Kaartjies is beskikbaar by Shabré.
WINDBUKS
Cape Air Rifle hou ’n windbuks-skietdag op Saterdag 28 November. Kom geniet die dag vanaf 09:00. Kontak Jacques by 083-560-3141 of besoek www.capeairrifle.co.za.
RUGBY
* Young Standards Rugbyklub hou hul bekeruitdeling op 27 November (19:00) in die Annunciation saal teen R50p/p.
* Violets Rugbyklub nooi alle spelers, oudspelers en voornemende spelers uit na hul jaarvergadering op 1 Desember (19:00) te Hoërskool Paulus Joubert se skoolsaal.
* Young Gardens se jaarlikse beker-uitdeling geskied op 4 Desember by Paarl Rugbyklub se klubhuis om 19:00. Kom geniet die aand met die bekerwenners en ’n lekker vingerete en deel in ons besigheidskonsep vir 2010. Toegang is R20. Die klub begin 1 Desember met sy voorseisoense oefeninge om 18:00 te New Orleans krieketveld. Alle spelers en belangstellendes is welkom.
SWEM
Vineyard Swemklub se seniors (15:00-17:00) en juniors (16:15-17:45) oefen Maandae tot Donderdae by Laerskool Gimnasium se swembad. Die laerskoolkinders en hoërskoolkinders oefen Vrydae onderskeidelik 13:30-14:30 en 14:30-16:00 kinders by Klein Gim se swembad. Kleintjies tussen 4 en 8 jaar oefen elke dag by Virgin Active vanaf 14:00-15:00. Oefeninge vir George Cilliers se senior swemmers geskied ook elke dag, vanaf 17:00 tot 18:30, by die Faurestraatswembad en die junior swemmers oefen Dinsdae en Donderdae vanaf 16:15 tot 17:00. Belangstellendes kan die afrigters, Christa Swart (072-247-2921), Nicole Swart (082-414-7731) of George Cilliers (082-467-0875), kontak.
More
News
|