Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bergrivier sit goeie vorm voort

Bergrivier sit goeie vorm voort
 
2009-11-26


DIE eerste krieketspan van Bergrivier Krieketklub het Saterdag sy goeie vorm van die afgelope paar weke voortgesit, deur vir Worcester United met vyf paaltjies te klop.

Die Worcesteriete het op Weltevredepark die loot gewen en eerste gaan kolf.

Selwin Pretorius was sy span se groot held met ’n uitstekende 100-tal (9x4 en 1x6).

Worcester het uiteindelik 196/9 aangeteken, in hul toegelate 45 boulbeurte.

Ashwill de Vries (2/33), Ryan Mouton (2/35) en Marquin Julies (2/39) was Bergrivier se beste boulers.

Die tuisspan se kolfbeurt het op ’n rampspoedige wyse begin, deurdat Jason Cupido (0) met die tweede bal uitgehaal is.

’n Briljante vennootskap tussen Julies (72, 3x4 en 2x6) en kaptein Morné Albanie (64, 3x4) het egter verseker dat die wenteiken reeds in die 42ste boulbeurt verbygesteek is.

Bergrivier het 200 lopies vir die verlies van 5 paaltjies aangeteken.

Bergrivier I speel eerskomende Saterdag weg teen Young Peoples.

Bergrivier II speel tuis teen Young Peoples II.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za