Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos Krieketklub saai verwoesting

Paarl-Oos Krieketklub saai verwoesting
 
2009-11-26


DIE sterk span van GMT Paarl-Oos Krieketklub is terug op dreef, ná Saterdag se oortuigende sege van 212 lopies oor die span van Noord-Boland.

Paarl-Oos het 281/8 lopies aangeteken op die veld van New Orleans, met Tiaan Cloete (94, 10x4) wat die meeste skade met die kolf aangerig het. Cloete is goed bygestaan deur Bruce Miller (46, 5x4 en 1x6) en Waylin September (55, 5x4 en 2x6).

Die besoekers het op hul beurt ’n skamele 69/10 lopies bymekaargeskraap, met September (4/4) weereens ’n yster - dié keer met die bal in hand. Krisnan Oosthuizen (3/38) en Jade Adams (2/32) was die ander boulers wat die praatwerk vir Paarl-Oos gedoen het.

Hoewel Paarl-Oos se tweede span (89 lopies) vasgeval het teen Klapmuts (91/2) se eerste span, het die derde span vergoed met ’n oorwinning van drie lopies oor Paarl Krieketklub se derdes.

Vir Paarl-Oos III was die beste kolwers Curtley Davids (32, 5x4) en Gamian Poggenpoel (36, 2x4), terwyl Davids (3/44) ook met die bal geskitter het.

Earl Brown (2/25) was die ander speler van Paarl-Oos wat goed geboul het.

Eerskomende naweek speel Paarl-Oos I teen Paarl I op die Parys-velde. Paarl-Oos II speel teen Wellington II op die Pen Basson-veld en Paarl-Oos III speel weg teen Young Peoples III.

* Paarl-Oos Krieketklub se jaarlikse ses-aan-’n-kant kriekettoernooi vind 12 Desember vanaf 09:00 plaas op die New Orleans-velde. Pryse sal op die spel wees.

Kontak kaptein Andrew Apollis by 021-862-5594.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za