Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Eerste nederlaag vir Young Peoples

Eerste nederlaag vir Young Peoples
 
2009-11-26


DIE eerste krieketspan van Young Peoples het Saterdag sy eerste nederlaag van die seisoen gely toe hulle met 9 paaltjies vasgeval het in ’n wegwedstryd teen Vredenburg/Saldanha.

Peoples het eerste gekolf en goed gevaar met Edwin Jacobs (42, 3x4) aan die spits.

Op 80/2 ná 17 boulbeurte het sake nog rooskleurig gelyk vir die Tiere, maar ’n hewige kolf-ineenstorting het gesorg dat Peoples uitgeboul word vir slegs 123 lopies in die 40ste boulbeurt.

Dominic Daniels (24, 4x4) het hardnekkig probeer.

Vredenburg/Saldanha het van meet af die lopies gejaag en die wenteiken (125/1) reeds in die 15de boulbeurt behaal.

Peoples se tweede span het ook lelik klei getrap, toe hulle met 141 lopies vasgeval het teen Paarl II op die Daljosafat-sportgronde.

Paarl het eerste gekolf en ’n goeie 253/6 in 45 boulbeurte behaal, danksy ’n skitterende honderdtal deur Darryl Hendricks (124, 17x4 en 2x6). Kurt Martin (48, 6x4) het hom goed bygestaan.

Vir Peoples het Kurt Festus (2/46 in 7bb) goed gevaar met die bal.

Peoples was egter uitgehaal vir ’n skamele 112 lopies in 29 boulbeurte, met slegs Ashfaq Ahmed (33, 6x4) wat lus gelyk het om te kolf.

Lynden Fredericks (4/36 in 9bb) en Rohan Goetham (3/24 in 9bb) was verwoestend met die bal vir Paarl.

Peoples III (133/6) het Sondag vergoed toe hulle vir Wellington III (131 lopies) op Daljosafat met 4 paaltjies geklop het.

Jemaine Buys (3/47 en 31*, 4x4) en Dylan Afrika (2/1 in 2bb) was Peoples se beste spelers. Vir Wellington het Russel Warne (48, 9x4) goed gekolf.

Saterdag speel Peoples I tuis teen Bergrivier. Peoples II speel weg teen Bergrivier II en die derdes speel tuis teen Paarl-Oos III.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za