Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Op spoor van skrywer

Op spoor van skrywer
 
2005-09-01


DIE bekende skrywer DF Malherbe was die eerste hoogleraar in Afrikaans aan die Bloemfonteinse Universiteit maar was miskien meer bekend as skrywer van die roman “Hans die Skipper”.

Hy is in 1881 op Kleinbos, Daljosafat, gebore en het in die Gedenkskool ldaar skoolgegaan.

Hy het ‘n strandhuis, Hans die Skipper in Kleinmond gehad, waar hy heelwat van sy skryfwerk gedoen het. Sy geliefkoosde dink en skryfplek was ‘n natuurlike klipstoel tussen die rotes voor sy huis.

‘n Brons gedenkplaat is later teen die rugleuning van die “stoel” aangebring maar is ongelukkig ‘n ruk gelede deur vandale verwyder.
Wit geskilderde voetspore teen die rotse dui die pad na sy geliefkoosde sitplek aan.

Sarel Rossouw, befaamde afgetrede wynmaker van die Paarl, is DF Malherbe se susterskind en het ook ‘n huis in Kleinmond. Van tyd tot tyd onderneem hy en ‘n vriend om die spore oor te verf wat deur wind en water verweer.

As u as leser ooit in Kleinmond kom, gaan gerus na Hans die Skipper in Kusweg en kyk of u die spore kan volg tot by die skryfplek van ‘n groot gees van die Afrikaanse letterkunde.

Skrywersvriend



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za