Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington wen op Worcester

Wellington wen op Worcester
 
2009-11-26


DIE eerste krieketspan van Bella Roma Wellington-CPUT Krieketklub het Sondag vir Worcester United, op hul tuisveld, met 59 lopies geklop.

Die tuisspan het die loot gewen en vir Wellington ingestuur om eerste te kolf.

Met Christie Schreuder (48), Bronwill Williams (29) en Marchand Genis (28) Wellington se voorste lopiemakers, kon die besoekers 198 lopies aanteken vir die verlies van agt paaltjies.

Met Worcester in die kolfkampie, het die tuisspan probeer om die Wellingtonners onder te kry.

Wellington se boulaanval was egter te sterk vir Worcester (139/10), met Jaco Strydom (2/34) en Ian Opperman (3/24) wat die meeste skade aangerig het.

Wellington se tweede span het die afgelope Saterdag, op die CPUT-krieketvelde, met Bergrivier II afgereken.

Bergrivier het eerste gekolf en kon slegs 186 lopies opstapel, voor al hul kolwers uitgehaal was. Wellington se Morné Maritz het skitterend met die bal gevaar met syfers van 16/2.

Wellington II het op sy beurt die nodige lopies maklik, in slegs 35 beurte aangeteken, met Danie van Zyl (34, 3x4 en 1x6), Jacques Beukes (31, 4x4), Cedric Williams (34, 4x4 en 1x6) en Marnitz Phister (46*, 3x4 en 3x6) wat goed gekolf het.

Vir Bergrivier het Wesley Goetham (53, 4x6) goed met die kolf gevaar terwyl André Abrahams (36/3) goed geboul het. Wellington II het met vyf paaltjies gewen.

Die derde span van Wellington het Sondag teen Young Peoples III vasgeval.

Wellington III is vir 131 lopies uitgeboul, terwyl Peoples III die telling reeds in die 25ste beurt kon behaal.

Vir Wellington III het Russell Warne (48, 9x4) goed gekolf.

Young Peoples se D Afrika (21, 1x6) en J Buys (32*, 3x4) het uiteindelik gesorg dat hul span gemaklik met vier paaltjies wen.

* Wellington se eerste span het Saterdag, op hul tuisveld, die knie gebuig teen Paarl Krieketklub. Paarl het met 68 lopies gewen.

* Wellington I speel Sondag 6 Desember weg teen Young Peoples.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za