Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl is gasheer van groot fietstoer

Paarl is gasheer van groot fietstoer
 
2009-11-26


DIE gewilde jaarlikse fietstoer van Die Burger se begin- en eindpunt is Sondag op die Nelson’s Creek-wynlandgoed op die R44 buite Paarl.

Weens uitgebreide padwerke in die groter Stellenbosch area, is Die Burger-fietstoer se roete aangepas.

Die fietsresies sluit vanjaar ’n 97km padafstand (eerste deelnemers spring 05:50 weg) en ’n prentjiemooi 30km bergfietsroete (wegspring om 07:15) in.

Sowat 5000 deelnemers word altesaam verwag.

“Die Burger-fietstoer is sonder twyfel die Wes-Kaap se tweede grootste fietsresies. Die manier waarop die inskrywings vanjaar eenvoudig ingestroom het, getuig hiervan,” meen David Bellairs, mede-direkteur van die Kaapse Fietstoertrust.

Die nuwe 97km roete - die laaste fietsren op die kalender voor die 2010 Argus Fietstoer - is oorwegend plat en ’n vinnige roete met slegs die Botmaskloofpas wat as die groot klim van die dag voorlê.

Jy sal by Nelson’s Creek-wynplaas wegspring en die R45 na Lady Lochweg neem, waar jy die Lady Loch-brug oorsteek en via die R44 in die rigting van Hermon en Riebeek Kasteel ry.

Vandaar draai jy links op die R46, waar jy die afdraaie na Hermon en Riebeek Kasteel verbysteek, en na Malmesbury ry.

Dit is ook hier waar jy die Botmaskloofpas - die enigste lang klim - van die dag sal teëkom.

Nou is dit reguit Malmesbury toe, waar Loedolfweg jou na die R302 - en uit die dorp uit - lei.

Voorpaardebergweg neem jou tot by Windmeul waar jy links draai op die R44 en na die eindstreep (net voor die Nelson’s Creek-wynplaas se ingang) jaag.

Besoek www.dieburgerfietstoer. co.za vir meer inligting.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za