DIE Cansa Relay For Life se loodsing vind plaas op Donderdag 10 Desember om 19:00 in die Paarlse Stadsaal.
Relay For Life is ’n prettige deurnag-spangeleentheid wat die bewusmaking van kanker verhoog en fondse insamel wat benodig word vir die stryd teen kanker. Die gebeurtenis word gedryf deur vrywilligers en word ondersteun deur Kansa.
Bevestig bywoning by Bertie Lambrecht by 021-872-3014.