Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nog ’n skool bring sy kant

Nog ’n skool bring sy kant
 
2009-12-03


DIE Paarl Post Kersfonds se fondsinsameling vir plaaslike welsynsorganisasies het vandeesweek nog ’n pragtige skenking van ’n plaaslike skool ontvang.

Verlede week het Courtrai Laerskool ’n bydrae gemaak, en vandeesweek is die pragtige bedrag van R1628,20 ontvang van Paarl Primêre Seunskool se leerders. Dit bring die insameling vir vanjaar te staan op R12 882,20.

Die fonds ondersteun sowat 40 verdienstelike plaaslike organisasies deur die Wes-Kaapse Gemeenskapskas en lesers word uitgenooi om dié poging ’n hupstoot te gee met bydraes tot die laaste uitgawe van die Paarl Post vanjaar, op 17 Desember.

Alle plaaslike bydraes word in ’n afsonderlike bankrekening inbetaal en deur die Gemeenskapskas teruggeploeg in die Paarlvallei - geen bydraes van ons lesers sal aan begunstigdes buite die Paarl Post se lesersgebied uitbetaal word nie.

Die Gemeenskapskas se begunstigdes in die Paarlstreek is ACVV Paarl, Paarlvallei, Wellington en Franschhoek, Sanca Paarl, Rusoord Tehuis vir Bejaardes, Silwerkruin ouetehuis, ACVV Paarl, ACVV Paarl-Vallei, Oase Dienssentrum vir Bejaardes, Badisa Paarl en Wellington, Kindersorg Paarl en Wellington, Drakenstein Sentrum vir liggaamlik gestremdes, Aandblom bejaardesorg (Windmeul), Care Craft werkswinkel vir epilepsielyers in Wellington, Abbeyfield tehuis Wellington en Andrew Murray Kinderhuis, Help & Health Feeding Scheme, Haven nagskuiling, Ikhwezi Trust, Kindersorg Paarl en Wellington, Saron Gemeenskapsdiens en Good Hope Psychological Services.

Skenkings kan direk inbetaal word in die Gemeenskapskas/Paarl Post Kersfondsrekening 62152029007 by FNB (taknr 261150) en faks die strokie na 086-581-0723 (aandag Kersfonds).




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za