Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Plastiek vir Afrika

Plastiek vir Afrika
 
2009-12-03


EK besoek gereeld die stortingsterrein naby Wellington.

Hier moet ek aanskou hoe tonne afval, grotendeels plastiek, vanaf huise en besighede deur vragmotors afgelaai word. Die afval word dan platgestoot en deur ’n lagie grond bedek.

Ons versmoor letterlik die aardbol met ’n laag plastiek. Kan ons hierdie handeling regverdig?

Ons raak opgewonde oor groen en koop selfs organiese voedsel. Maar laasgenoemde produkte lê op die winkelrakke in ’n onvernietigbare houer. Wat beteken organies dan?

Is ons tegnologies nog so agter dat ons hierdie plastiek nie kon verwyder, vernietig of verwerk nie?

Is ons miskien nie net te lui of te trots om met ons eie sak die winkel te besoek nie?

GR Malherbe




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za