Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Uittrede van amptenare pla

Uittrede van amptenare pla
 
2005-03-17


IN my vorige skrywe het ek die stelling gemaak dat die enigste wenners in die sage van die senior amptenare wat uitdiens gestel is, die amptenare is omdat hulle betaling ontvang het vir dienste wat nog gelewer sou moes word en dat hulle te enige tyd weer deur ‘n ander plaaslike owerheid aangestel kan word.

Nie in my wildste drome het ek egter voorsien dat ons geagte burgemeester dit sommer self sou doen nie. In krieketterme het hy my nou vir ‘n ses geslaan. Die uittredende amptenaar is as ‘n konsultant aangestel (wonder teen watter salaris) weens wetlike vereistes van die elektrisiteitsdepartement.

Kan ek vir die burgemeester vra om via die Paarl Post op die volgende twee vrae te antwoord:

1. Was u bewus van hierdie wetlike vereistes van die elektrisiteitsdepartement toe die skeidingspakket aan mnr Jan Coetzee gebied is; en

2. As hy bewus was daarvan, hoekom is mnr Coetzee uitdiens gestel sonder dat daar seker gemaak is dat daar aan die vereistes voldoen sou word?

Hoogs Gefrustreerde Belastingbetaler

Burgemeester Herman Bailey reageer: Die aanstelling van mnr Jan Coetzee as waarnemende hoof: Elektrotegniese Dienste van die Munisipaliteit Drakenstein op ‘n maand-tot-maand-kontrakbasis, het plaasgevind om aan die wetlike vereistes van só ‘n pos te voldoen. Dié aanstelling het volgens ‘n Raadsbesluit plaasgevind.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za