Watse voorbeeld?
2009-12-03
AAN Mamma wat weet (26 November): die aantygings wat gemaak was oor jou seun kom seker al ’n geruime tyd voor. Nie net ’n swak voorbeeld van jou kind nie, maar vir die skool ook. Jou seun is omtrent ’n avontuurlustige jong man wat boonop met ’n leerlinglisensie onverskillig bestuur - wonder hoe gaan hy die padreëls nakom as hy sy bestuurderslisensie het? As hy wil eksperimenteer moet hy op ’n renbaan ry en nie op ons paaie waar dit klaar onveilig is vir motorfietsryers nie. Watse voorbeeld bied jy jou kind om so trots te wees op hom? Ek sien ’n swaar pad vorentoe vir jou met jou houding. Watter onvolwasse mamma! Paarliet
More
News
|