Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuweling wen fietstoer

Nuweling wen fietstoer
 
2009-12-03


DIE 19-jarige nuweling, Paul van Zweel, het almal verras toe hy Sondag eerste oor die wenstreep gejaag het by Die Burger-fietstoer te Nelson’s Creek in Agter-Paarl.

Nolan Hoffman (Neotel) en Nic White (Medscheme) het onderskeidelik in die tweede en derde plek klaargemaak.

Die Burger-fietstoer is die finale fietsren in die 2009 Alpha Pharm Keuringswedrenreeks, die land se toonaangewendste reeks padwedrenne.

Fietsry-sensasie Arran Brown (Medscheme) was vierde, en het daarmee sy oorwinning in die Keuringswedrenreeks beslis.

Jennie Stenerhag (Alpha Pharm) was die eerste vrou oor die eindstreep, wat beteken sy het nie net Die Burger-fietstoer vir die derde keer gewen nie, maar ook die 2009 Alpha Pharm Keuringswedrenreeks.

Robyn de Groot en Anriette Schoeman (albei Nashua Telecoms) het onderskeidelik tweede en derde klaargemaak.

Johnny Kritzinger (Team DCM Chrome) het die 30km mans gewen.

Meer as 5 000 fietsryers het vir Die Burger-fietstoer ingeskryf.

Die uitslae was as volg:

97km - Elite Mans, 1ste Paul van Zweel (02.28.22); 2de Nolan Hoffman (02.28.24); 3de Nic White (02.28.24).

Elite Dames, 1ste Jennie Stenerhag (02.37.51); 2de Robyn de Groot (02.37.51); 3de Anriette Schoeman (02.37.51).

Tandem - 1ste (x2): Uwe Schmidt en Enzo Lezzi (02.28.50).

30km - mans, 1ste Johnny Kritzinger (01.00); 2de Eric Kleinhans (01.01); 3de Dominique Calitz (01.02).

Dames 1ste Kim Reu (01.12); 2de Leonie Howard (01.13); 3de Janelle Briers (01.22).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za