’n Man is verlede week tronk toe gestuur vir drie jaar weens winkeldiefstal.
Christopher Fredericks (33) is daarvan beskuldig dat hy goedere ter waarde van meer as R200 by Checkers in Lady Greystraat gesteel het. Verswarende omstandighede was die feit dat hy nege vorige veroordelings het vir onder andere diefstal.