Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dankie vir hulp na ongeluk

Dankie vir hulp na ongeluk
 
2009-12-03


EK wil net graag my dank betuig teenoor almal wat gehelp het tydens die ongeluk Woensdagoggend 25 November op die Ou Paarlpad waarin Stephan Viljoen en Jacqui Livingstone-Louw betrokke was.

Dankie aan mev Du Toit wat stilgehou het omdat sy die bloublommietjiesrok herken het en die kinders bygestaan en kalmeer het. Dankie aan die man wat vir hulle gebid het.

Dankie aan familielede wat hulle dadelik gaan help het.

Dankie aan die ambulanspersoneel wat hulle ondersoek en vervoer het na die hospitaal. Dankie aan die hospitaalpersoneel wat te alle tye professioneel en vriendelik was. Dankie aan die dokter wat die operasie behartig het.

Dankie vir al die oproepe, SMS’e en besoeke van familie en vriende. Maar die grootste dankie aan ons Hemelse Vader wat nie net hulle lewens gespaar het nie, maar ook dié van die man in die ander voertuig. Maritha Livingstone-Louw




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za