Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Peoples terug op wenpad

Young Peoples terug op wenpad
 
2009-12-03


YOUNG PEOPLES was die naweek terug op die wenpad, met al drie krieketspanne wat goeie oorwinnings behaal het.

Die eerste span het op Daljosafat kragte gemeet teen Bergrivier.

Peoples het eerste gekolf en ’n goeie 264 lopies behaal, danksy skitterbeurte deur Dominic Daniels (87, 11x4 en 3x6) en Wade October (65, 1x4 en 1x6).

Bergrivier kon op hul beurt slegs 119 lopies opstapel, te danke aan goeie boulwerk deur Peoples se Charlton Daniels (3/14 in 7bb) en Hubert Ontong (3/2 in 5bb).

Slegs Bergrivier se Ethan Pietersen (31, 5x4) het lus gelyk vir kolf.

Peoples II het afgereken met Bergrivier II.

Peoples II het eerste gekolf en ’n puik 301/5 aangeteken, met Melvyn Jackson (85, 10x4 en 3x6), Brett Mitchell (55, 5x4) en Lee-John Julies (51*, 5x4 en 2x6) wat uitstekend was.

Bergrivier kon slegs 197 lopies aanteken, te danke aan goeie boulwerk deur Peoples se Ashfaq Ahmed (4/26) en Ryan Davids (3/29).

Peoples se derdes (164 lopies) het met 40 lopies geseëvier teen Paarl-Oos (124 lopies).

Peoples se Selwyn Collins (49, 4x4) het pragtig gekolf met Christo Cordnum (3/21) en Tyron Abels (2/19) wat goed geboul het.

Vir Paarl-Oos het Curtley Davids (24 lopies en 4/32 paaltjies) ’n goeie vertoning gelewer.

Saterdag speel Peoples I tuis teen Paarl-Oos en Sondag tuis teen Wellington op Daljosafat. Peoples II speel Saterdag tuis teen Malmesbury II.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za