Bekkie WP onskuldig
2009-12-03
EK is die eienaar van die rooi motor, “Bekkie WP”, wat verlede week in die Paarl Post onregverdig beskuldig is daarvan dat ek oor ’n stopstraat gejaag het en so ’n ongeluk veroorsaak het. Ek dink daardie briefskrywer is ’n verskoning aan my verskuldig. Sy het growwe afleidings gemaak uit die feit dat my motor by ’n ongelukstoneel gestaan het - en dit omdat ek gestop het om te help nadat die ongeluk reeds gebeur het! Die motoris (’n jong dame, nie ’n bejaarde dame nie) het in nat weer beheer oor die motor verloor by die stopstraat. Maak seker van jou feite! Bekkie WP
More
News
|