Vineyards-legende tree uit
2009-12-03
IKRAAM MOERAT het vanjaar uitgetree as voorsitter van Vineyards Rugbyklub ná 17 jaar in die stoel. Moerat het die voorsitterskap destyds van sy neef, Yusuf, oorgeneem, wat toe reeds 20 jaar lank die voorsitter was. Vineyards was seker die bekendste en mees suksesvolle bruin rugbyklub in die ou-bedeling. Vineyards was in die sewentigerjare vir vier jaar die Suid-Afrikaanse klubkampioen van die destydse SA Rugby-federasie. In die tagtigerjare was hulle vir etlike jare die top span in die WP Saru-klubkompetisie, waarin spanne soos Schotsekloof en Collegians ook meegedeel het. Die jaar voor eenwording in 1991 was Vineyards die Bolandse klubkampioene. Die klub lewer ook 13 “Forgotten Heroes” Springbokke op - die meeste deur enige klub in die land. Moerat is ’n voormalige kaptein van Vineyards, asook die Paarl Streekspan. Hy het meer as 50 provinsiale wedstryde vir WP en Boland gespeel en ’n Springbok-baadjie ontvang vir die 12 wedstryde wat hy destyds vir die nasionale span, die Proteas, gespeel het.
More
News
|