Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ozymandias tree op

Ozymandias tree op
 
2009-12-03


DIE band Ozymandias tree vanaand om 19:00 by die Hoërskool Gimnasium se ouditorium op.

Sedert hulle laaste Paarlse optrede het die groep tot SA’s Got Talent se tweede ronde deurgedring, aan die Rockspaaider-kompetisie deelgeneem, nuwe liedjies geskep en ’n splinternuwe CD opgeneem.

Die lede bestaan uit MC Jordaan (kitaar en sang), Bianne Redelinghuys (tromme), Daniel Meyer (klavier) en Luca Hart (viool en sang). Hulle musiek kan beskryf word as ’n mengsel tussen pop en klassiek (“popsicle”). Geniet ’n gevoelvolle aand vir oud en jonk.

Kaartjies is R30 en kan bespreek word by 083-312-9294.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za