Drie mans vas oor huisaanvalle
2009-12-03
Lise Beyers
DRIE mans is vandeesweek in hegtenis geneem in verband met die onlangse huisaanvalle in en om die Paarl. Die mans is vasgetrek in Bloekombos, naby Kraaifontein, nadat die sein van ’n selfoon wat by een van die rooftogte gesteel is, na hulle gelei het. Parate Paarlse speurders, konstabels Joka en Makapula, was verantwoordelik vir hierdie belangrike deurbraak. Die verdagtes is volgens inligting almal Namibiese burgers wat verbonde was aan sekuriteitsmaatskappye. Hulle word verbind met die onlangse rooftogte in Bosmanstraat, Non Pareillestraat en L’Ideal waartydens gesinne in hul huise aangeval en beroof is. Tans word daar ondersoek of ander voorvalle in die omgewing van Franschhoek, Simondium en Stellenbosch met dié van die Paarl verbind kan word.. Veral luukse wonings is tydens hierdie gewapende rooftogte geteiken. Die mans het gister in die Paarl Landdroshof verskyn. * Three men have been arrested by Paarl police in connection with the spate of armed robberies which have recently taken place at homes in the area.
More
News
|