BY die Perd- en Wynfees wat Sondag op die Nelson Wynlandgoed in Agter-Paarl gehou word, sal die skouspelagtige hindernisafdeling van die Westelike Provinsie se driefase-perdekampioenskappe aangebied word van 09:30, terwyl die skouspring-komponent in die namiddag afgehandel word.
Weens die gevaarlike, nat baan wat deur die onlangse ontydige reën veroorsaak is, moes die driefase-kampioenskappe, wat middel November gehou sou word, tot Sondag uitgestel word.
Oor die middaguur word ’n perde- en perdekoetsparade gehou met vermaak vir die hele gesin met kos- en wynstalletjies.
Vir verdere besonderhede oor die Perd- en Wynfees, kontak Jack Kukard of Belinda Laubscher by 021-869-8424.