Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


My Naam is Lollos!

My Naam is Lollos!
 
2009-12-10


DIE kinderproduksie, My Naam is Lollos!, is Saterdag 12 Desember om 09:30 en 11:00 te sien by die Ou Meul-teater.

Vir dié van julle wat nog nie vir Lollos ontmoet het nie: Lollos woon op die planeet Lala-land en hy is mal oor lag en speel en dans. Die CD, “My naam is Lollos!”, deur die sangers Alta Joubert en Minki Burger, is in Mei 2008 bekend gestel.

Lollos, Alta en Minki doen ook gereeld fantastiese vertonings waar almal kan saamdans gedurende die energieke en kleurvolle skouspel. Alta en Minki is albei ma’s en hulle het besef dat daar nie genoeg energieke, jong, danserige, spelerige en opvoedkundige CD’s is vir hul kinders in Afrikaans is nie. Om dié rede is Lollos geskep.

Deesdae is mense se huise kleiner as in die verlede en speelplek is beperk. Dis juis daarom dat aktiwiteit en beweging so ’n groot deel uitmaak van My naam is Lollos! Eerder as om die televisie en CD-speler te verban kan dit ingespan word as medium om kinders te laat dans en speel. Om dié rede is Lollos geskep - hy is mal oor dans en sing, en hy nooi oud en jonk om saam ’n klomp pret te kom hê by die Ou Meul-teater!

Kaartjies is R35 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za