Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oude Libertas trek net die regte hartsnaar

Oude Libertas trek net die regte hartsnaar
 
2009-12-10


DIE Oude Libertas Amfiteater het oor die afgelope 32 jaar diep in mense se harte gekruip met topgehalte produksies.

Eerskomende Sondag om 18:30 gaan die hartsnare weer geroer word tydens ’n skemerkonsert wanneer kunstenaars se liefde en passie vir musiek onder die vergrootglas geplaas word, met nuwe melodieë in Jannie du Toit en Christa Steyn se produksie Hartsnaar.

Steyn se sensitiewe klavierspel komplementeer Du Toit se nuwe liedjies asook ou gunstelinge soos Vlieg Hoog, Agter die Horison en Ek wil vir jou.

Mariëtte Galjaard en Douw Steyn vestig hulle as opwindende nuwe stemme met hulle liedjies, Aand na aand, Reis Paleis en Fynbesnaar.

Hierdie vertoning is ook toeganklik vir gehoorgestremdes wat deur middel van die Oticon Lus sisteem kristalhelder teater kan ervaar.

Ander hoogtepunte vir die res van Desember sluit in Sean Bovim se SwingTime Ballet wat Saterdag ten einde loop, die kykNET opname van opera-ster Pretty Yende se Gala Konsert, Richard Cock se jaarlikse Christmas Carols, jazz diva Tutu Puoane en die drie-uur lange Oujaarsaand partytjie met The Sticky Triggers.

Alle kaartjies is beskikbaar by Computicket of deur die Oude Libertas kaartjiekantoor te skakel by 021-809-7473 of 021-809-7380. Besoek ook www.oudelibertas.co.za vir meer inligting.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za