Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Deurnag teen kanker

Deurnag teen kanker
 
2009-12-10


DIE Cansa Relay For Life se loodsing vind plaas op Donderdag 10 Desember om 19:00 in die Paarlse Stadsaal.

Relay For Life is ’n prettige deurnag-spangeleentheid wat die bewusmaking van kanker verhoog en fondse insamel wat benodig word vir die stryd teen kanker. Die gebeurtenis word gedryf deur vrywilligers en word ondersteun deur Kansa.

Relay for Life verteenwoordig die hoop dat diegene wat die stryd teen kanker verloor het, nooit vergeet sal word nie, dat diegene wat kanker in die gesig staar, ondersteun sal word en dat kanker eendag oorwin sal word.

Dit is ’n unieke gebeurtenis wat aan elkeen in die gemeenskap die geleentheid bied om deel te neem aan die stryd teen kanker.

Tydens die Relay verbind spanne van 10 tot 15 vriende, bure, families of medewerkers en werk saam as ’n span om geld in te samel. ’n Geskikte plek met ’n baan word gekies waar die aflosstryd aangebied gaan word. Spanne slaan kamp op rondom die baan voordat die geleentheid deur die roerende Oorlewendes Ere-ronde geopen word. Ten minste een lid van elke span moet dan te alle tye reg deur die nag om die baan stap (lede kan beurte neem), want kanker slaap nooit nie. Ná sonsondergang word kerse in luminaria-sakke reg rondom die baan aangesteek.

Gedurende die nag en die volgende dag geniet almal die vermaak, die pret en die kameraderie in ’n feestelike atmosfeer.

Elke gemeenskap se Relay for Life is spesiaal en is deel van ’n nasionale- en internasionale beweging in die stryd teen kanker. Die Relay word vroeg in volgende jaar plaaslik gehou. Bevestig bywoning by Bertie Lambrecht by 021-872-3014.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za