DIE eerste ‘Boschfees word op 9 en 10 Desember vanjaar op Stellenbosch gehou as ’n geleentheid waar alumni wat saamtrek vir die gradeplegtighede ’n bietjie Matie-nostalgie kan beleef en gesellig kan saamkuier.
Die opwindende program wissel van akademiese praatjies tot kuns en kultuur en wynproe-toere op donkiekarre. Dit sluit af met ’n skemeronthaal op 10 Desember op Coetzenburg waarna die jaarlikse Konvokasievergadering in die DF Malan-sentrum plaasvind.
Bespreek by www.matiesalumni.net/boschfees waar die volledige feesprogram en akkommodasie-inligting ook beskikbaar is.