MOET jy jou punte in Wiskunde en/of Skeinat verbeter sodat jy matriekvrystelling kan kry om by ’n Hoër Onderwysinstelling verder te studeer?
Gratis opleiding deur top onderwysers (wat deur die Gesondheid- en Welsynseta geborg is) vir Wetenskap- en/of Wiskundeleerders sal vanaf Februarie by Boland Kollege plaasvind. Die toelatingsvereistes is graad 12 Wiskunde en/of Skeinat.
Hierdie klasse sal vier aande per week (twee vir Wiskunde en twee vir Skeinat), van 17:00 tot 20:30 per vak aangebied word. Dit sluit in twee Saterdae van vier ure en ’n totaal van 80 ure opleiding vir Wiskunde en 80 ure opleiding vir Skeinat (Februarie en Maart)
Hierdie is gratis opleiding wat befonds word deur HWSETA. Om ’n plek te verseker, moet leerders onmiddellik ’n plek vir die opleiding bespreek by Boland Kollege 9021-872-3323).
Stuur ’n faks teen 15 Januarie aan Alta Nel by 021-872-5944 met jou identiteitsdokument en ’n voltooide aansoekvorm.