Klas van sy eie
2009-12-10
Jaco van Wyk
OP 12-jarige ouderdom het vandeesmaand se sportster reeds drie węreldkrone om sy kop gespan. Dié drie krone was die drie titels wat Luan van der Vyver vir Suid-Afrika verower het, drie jaar agtereenvolgens, tydens die Węreld Biathle Kampioenskappe. Luan het as agt-jarige kannetjie vir die eerste keer die kleure van Boland oor sy kop getrek, en sedertdien sommer ook ’n gewoonte daarvan gemaak. Regdeur sy laerskoolloopbaan, op Hugenote Laerskool, het Luan ook vir Wes-Kaapse spanne uitgeblink. Met al sy prestasies is Luan, op so ’n jeugdige ouderdom, werklik in ’n klas van sy eie, met die gevolg dat Paarl Post en SuperSport Lets Play nie anders kon nie as om erkenning te gee aan een van Suid-Afrika se mees belowende jong sportsterre. Die beste van alles is egter die feit dat Luan duidelik niks kop toe vat nie. “Dit voel maar dieselfde as om enige ander byeenkoms te wen,” sę Luan oor sy drie węreldtitels. “Ek moet elke dag oefen, twee ure swem en een uur atletiek. Dan nog skoolsporte ook,” voeg hy by. “Maar ál hoekom ek dit doen, is omdat dit vir my lekker is.” Buiten Biathle, wat van atlete verg om 500m te hardloop, gevolg deur ’n 50m swemsessie en nóg ’n 500m hardloopsessie (afstande verskil volgens ouderdomsvlakke), is Luan ook ’n kranige hokkie-, rugby-, en tennisspeler en speel hy vir sy skool se A-spanne in al drie dié sportkodes. Weens sy ongelooflike talent in Biathle, is Luan natuurlik ook ’n goeie 800m en 1200m atleet, asook ’n puik swemmer. Dan is daar natuurlik ook tweekamp, nóg ’n sportsoort waarin Luan floreer. Tweekamp verskil van Biathle in dié sin dat swem- en hardloopnommers apart, oor langer afstande, gedoen word, waarvolgens punte aan die deelnemers toegeken word. Luan se sportvermoëns het in 2005, as graad 2-leerder, begin vlam vat toe hy Boland verteenwoordig het in swem. Sedertdien het daardie vlammetjie ’n vuur geword en het dit begin moeilik raak om by te hou met al Luan se prestasies. In 2006 (graad 3) het Luan twee eerste plekke en ’n derde plek behaal vir Wes-Kaap, tydens die SA Swemkampioenskappe in Oos-Londen. Daardie jaar het Luan ook Boland verteenwoordig in die SA skoleskaaktoernooi. Vir Boland, tydens die SA Tweekamp-kampioenskappe, het Luan (toe onder 9) as deel van die o.11-span ’n sewende plek behaal. In 2007 was dit dieselfde storie, met twee eerste- en ’n derde plek vir Wes-Kaap tydens die SA Swemkampioenskappe, asook ’n tweede plek tydens die SA Biathle-kampioenskappe in Durban. Dieselfde jaar het hy ook die SA Tweekamptitel sy eie gemaak, waartydens hy as o.10 seun, saam met die o.11’s deelgeneem het Luan het ook sy eerste węreldtitel in 2007 verower, toe hy Suid-Afrika verteenwoordig het tydens die Węreld Biathle Kampioenskappe in Monaco. In 2008 was hy weer die Biathle węreldkampioen (o.12), toe hy as SA kampioen deelgeneem het aan die węreldkampioenskappe in Kaapstad. In dieselfde jaar was hy ook die SA Tweekamp-kampioen en het hy weer goed gevaar (’n eerste, tweede en twee derde plekke) tydens die SA Swemkampioenskappe. Luan het ook Wes-Kaap (goud in o.11 1200m) verteenwoordig in die SA Laerskole Atletiekkampioenskappe en het derde gekom tydens die SA’s. Vanjaar was Luan vir die derde jaar in ’n ry as Węreld Biathle-kampioen (o.12) gekroon, wat weer in Monaco gehou was. Luan het ook vanjaar geskitter in die SA Biathle-kampioenskappe (goud), SA Tweekamp-kampioenskappe (silwer), SA Laerskole Swemkampioenskappe (verteenwoordig Wes-Kaap), Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe (2de in 1200m vir Boland) en Hokkie (haal Boland o.13-span vir SA Skole Hokkiefees in Pietermaritzburg). Luan se deelname aan groot byeenkomste beteken natuurlik dat hy al baie moes reis, met sy oorsese besoeke tot dusver sy beste herinneringe. “Ek was al in Frankryk, Parys waar die Eiffeltoring my beste herinnering was, asook Nice waar mens die lekkerste roomys in die węreld kry,” sę Luan. Luan was ook al in Monaco, die suide van Frankryk, asook Turkye. Luan se volgende doelwit is om eerste te kom in Dubai, tydens die Węreld Biathle Kampioenskappe. “Ek weet dit sal nie maklik wees nie, want dit is my af jaar en ek moet in ’n hoër ouderdomsgroep deelneem. “Dan wil ek ook probeer om die Boland hokkie-span te haal en sal graag goue medaljes wil wen by die SA Skole Swembyeenkoms en die SA Skole Atletiekbyeenkoms”. Een van Luan se ander passies is musiek en sang. Hy is ’n gereelde lid van Laerskool Hugenote se senior koor en is jaarliks een van die groot uitblinkers in sang tydens die Paarl Eisteddfod. Luan het juis Saterdag-aand opgetree by Schalk Burger se plaas op Wellington, waar hy twee liedjies van Elvis Presley opgevoer het vir sy eerste opelug opvoering.
More
News
|