Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportdagboek

Sportdagboek
 
2009-12-10


ATLETIEK

Paarl Atletiekklub bied op 16 Desember ’n padwedloop oor 10km aan om 18:30 vanaf Faurestraat.

Inskrywings sal vanaf 17:00 geskied by die stadion.

Kostes is R30 vir atlede wat lid is van ’n atletiekklub en R50 vir nie-lede.

Daar is ook ’n pretloop oor 4,5km (R10). Kontak Sybrand du Plessis by 083-444-6940.

YOUNG PEOPLES GHOLFDAG

Young Peoples Rugbyklub hou Sondag 13 Desember ’n gholfdag te Wellington Gholfklub.

Die kompetisie sal strek van ’n Stableford asook ‘4ball better ball’, met vele pryse.

Kom geniet ’n lekker dag saam met die klub. Kontak George Buziek by 08-522-6438.

KRIEKET

* Young Peoples KK vier dié seisoen sy 60ste bestaansjaar.

Sondag 20 Desember bied die klub ’n familiedag en ses-aan-’n-kant-toernooi aan op die Dal.

Verskeie klubs gaan deelneem, met vermaaklikhede soos ’n potjiekoskompetisie, kosstalletjies en springkastele.

Kontak Brendon by (084-662-4840).

* Paarl-Oos KK bied op 12 Desember ’n Ses-aan-’n-kant toernooi aan.

Op 13 Desember speel Paarl-Oos se oor 35-span teen Groot Drakenstein om 11:30 by die Games Club. Kontak 021-862-5594.

* Windmeul United Rugbyklub bied ’n dans aan te Jeff’s Pub (Paarl) op 11 Desember (20:00), teen R15 pp. Vervoer sal gereël word uit Agter-Paarl.

* Young Stars Sportklub hou 11 Desember om 20:00 ’n disko-dans in die Tote-saal te Carterville, Wellington, wat sal dien as ’n insamelingsfunksie vir die klub se jeug rugbyspelers.

Toegang is R6 en almal is welkom.

* Allandale Rugbyklub hou ’n oujaarsdag aanddans op Donderdag 31 Desember vanaf 20:00 te Drakenstein gevangenis. Musiek word verskaf deur Whani met Stofpad. Toegang is R60 en kroegfasiliteite is beskikbaar.

* Paarl Rangers hou op Saterdag 12 Desember 2009 ‘n saamtrek vir alle spelers by Ebeneaser Primêr vanaf 10:00. Die funksie sal die vorm van ‘n Bring en Braai aanneem.

* Albions Rugbyklub hou 15 Desember ’n dringende vergadering by Stevie Williams se huis in verband met planne rondom die Paarl Streek-liga in 2010. Alle lede en voornemende lede is welkom.

Kontak 073-419-8476.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za