Opwinding tydens vertoonwedstryd by HMS
2009-12-10
VERLEDE Woensdag het Hoër Meisieskool Paarl ’n tennis-vertoonwedstryd aangebied op die skool se tennisbane. Die oud-Boishaaier Nikala Scholtz het teen Robbie Blair, tennis-afrigter by HJS, kragte gemeet in die hoofwedstryd. Scholtz het 3-6, 6-1 en 10-8 gewen. Verskeie gemengde spanne van HMS en HJS was ook in aksie. In die hoofwedstryd van die juniors, het Christiaan van der Burgh en Mikhyla Cupido 8-6 gewen teen Eagon Samaai en Sumaré Marais.
More
News
|