Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dankie vir bystand

Dankie vir bystand
 
2009-12-10


EK was op Saterdag 28 November op my bromponie onderweg in Bergrivier Boulevard, Paarl, toe ek in ’n botsing met ’n voertuig betrokke was en beseer is.

Ursulla, baie dankie vir jou ondersteuning en flinke optrede op die ongelukstoneel, ook jou belangstelling en ondersteuning in die hospitaal en ook tuis.

Dankie aan dr Joubert by die trauma-eenheid by die MediClinic Paarl vir al haar deernis en mediese hulp. Alhoewel sy daardie dag onder geweldige druk was saam met haar personeel het sy nog steeds die beste diens gelewer as geneesheer.

Baie dankie aan ds Fanie Kriel en Bekker Nieuwoudt van die NG Strooidakgemeente vir die tyd wat julle vir my opgeoffer het om my op ’n Saterdag te besoek by die trauma-eenheid.

Ek wil ook graag vir konstabel Mohammed en die dame wat saam met hom in die betrokke skof was, bedank wat my geweldig tot hulp was. Ek glo die SAPD kan trots wees op sulke goeie diens.

Dankie ook aan die plaaslike taxidiens wat ’n staatmakervervoerdiens lewer.

Loraine Louw




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za