Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tweekamp word goed ondersteun

Tweekamp word goed ondersteun
 
2009-12-10


TYDENS die afgelope naweek se vyfde provinsiale tweekamp-byeenkoms van die 2009/2010 seisoen wat by Hoërskool Gimnasium aangebied was, het atlete van die Drakensteinvallei weer besonder goed presteer.

Meer as 150 atlete van regoor die Boland het deelgeneem aan die laaste byeenkoms van die eerste helfte van die seisoen.

Dit was veral die Bruwers van die Paarl wat baie goed presteer het deur hul onderskeie afdelings te wen, asook Jacques Pretorius wat die Boland-rekord in die senior mans-afdeling verbeter het.

Die volgende atlete van die vallei het onder die eerste drie geëindig: Dogters o.9 - Johanné van der Westhuizen (Laerskool Hugenote; 1ste); Seuns o.11 - Francois Bruwer (Courtrai Laerskool; 1ste), Henco Neethling (Laerskool Gimnasium; 2de), Henry le Roux (Klein Boishaai; 3de); Dogters o.11 - Bianca de Wee (Laerskool Gim; 1ste); Seuns o.13 - Luan van der Vyver (Laerskool Hugenote, 1ste), Barnu Botha (Laerskool Gim; 2de); Dogters o.13 - Alexa Haasbroek (Laerskool Gim; 1ste); Dogters o.15 - Marikie Bruwer (Hoër Meisieskool; 1ste); Seuns o.17 - Frikkie Bruwer (HJS; 1ste); Dogters o.17 - Suzaan Broodryk (Gim; 1ste), Dogters o.19 - Marli Visagie (Hugenote Hoër; 1ste), Carla Portwig (Hugenote Hoër; 2de); Senior Mans - Burger Symington (3de); Senior Dames - Joy Viljoen (1ste); Junior Veterane Mans - Gerhard Verhoef (1ste); Danie Terblanche (2de); Junior Veterane Dames - Theresa Stanton (1ste); Veterane Mans - Johan van der Vyver (1ste); Meester Mans - Coenie Slabbert (1ste).

Die volgende byeenkoms word gehou op 16 Januarie op Robertson. Belangstellendes kan 082-875-2257 kontak vir meer besonderhede.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za