BAIE dankie aan die onbeskofste, oneerlikste bestuurder in die Paarl wat my motor gestamp het en weggery het. Op Sondag, 06/12/2009 was ons in Checkers, Noorder-Paarl om inkopies te doen.
Met die uitkomslag, wag die verrassing op ons. Die regterkantste voordeur, spieël en agterdeur is erg beskadig. En soos dit is, het niemand gesien wat gebeur het nie. Gerieflik, is dit nie. Meneer/dame, jy weet wie jy is, mag jy jou Kersfees geniet ten spyte van die feit dat jy met ’n skuldige gewete rondstap.
In dieselfde asem wil ek sommer aan die bestuur sê, julle kan gerus meer moeite doen met veiligheid rondom die parkeerarea. R4 000 se skade later en daarmee ook ’n welverdiende vakansie daarmee heen!
Ek is nie die eerste slagoffer nie, en beslis ook nie die laaste een nie. In die tye wat ons almal in vrees leef en misdaad hoogty vier, dink ek regtig dat die bestuur aandag kan skenk aan die saak.Net nog ’n armer Paarliet