Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples reken af met groot menere

Peoples reken af met groot menere
 
2009-12-10


DIE eerste span van Young Peoples Krieketklub het die afgelope naweek hul beste krieket van die seisoen opgedis toe hulle met Paarl-Oos en Wellington afgereken het.

Saterdag het Peoples eerste gekolf teen Paarl-Oos en kon net 181 lopies aanteken.

Die paaltjies het op reëlmaat gekantel en geen noemenswaardige vennootskappe kon bymekaargeskraap word nie. Slegs Dominic Daniels (72) het goed gekolf.

Paarl-Oos se beste boulers was Tiaan Cloete (2/28) en Jade Adams (2/34).

Paarl-Oos was egter van meet af onder druk geplaas, met goeie boulwerk deur Peoples se Jarier Alexander (3/29) en Brendon Adams (4/50).

Tesame met uitstaande veldwerk was Paarl-Oos beperk tot slegs 167 lopies.

Waylin September (36 lopies) en Bruce Miller (35) het hardnekkig probeer vir die besoekers.

Sondag het die vreugde-vure weer hoog gebrand toe die eerste span vir Wellington met vier paaltjies geklop het.

Wellington was beperk tot 170/7 in 45bb, danksy skitterende boul- en veldwerk deur die Tiere.

Die twee draaiers, Brendon Adams (4/41) en Hubert Ontong (2/23), het behoorlik Wellington se sterte geknoop.

Vir Wellington het Merchant Genis (55) en Christo Schreuder (34) baie goed gekolf.

’n Skitterende vennootskap tussen Dominic Daniels (49*) en die Protea- en Cobra-kolwer, Justin Ontong (71) het die wen vir die Tiere verseker.

Peoples II het aangesteek by die eerste span en vir Malmesbury II op Daljosafat met 37 lopies getroef.

Peoples (185 lopies) se beste kolwers was Brett Mitchell (57) en Lee-John Julies.

Die besoekers van Swartland kon nooit op dreef kom nie en was uitgeboul vir slegs 148 lopies.

Peoples se Riaan Damonse (4/22) en Lee-John Julies (3/26) was puik met die bal.

Peoples III (248/5) het sy eerste nederlaag van die seisoen gelei deur met ses paaltjies te verloor teen die span van Stellenbosch/Distrikte (250/4).

Die kaptein, Stanton Kamalie (84), en Alec Dyssel (64) was goed op dreef met die kolf vir Peoples, met Marlin Williams (2/43) en Christo Eksteen (2/20) wat moedig probeer het met die bal.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za