Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Liggies oor dwarslat

Liggies oor dwarslat
 
2009-12-10

Jaco van Wyk

TYDENS die Liggiesfees, wat die pas-afgelope naweek in die Paarl plaasgevind het, het die Boland Paalspring Akademie vir die derde jaar agtereenvolgens sy gewilde ‘Street Vault’ aangebied op Patriotplein.

In samewerking met Drakenstein Munisipaliteit, kon dié gewilde item, die enigste straat-paalspringvertoning in Suid-Afrika, weer eens met sukses aangebied word.

Die akademie is enig in sy soort in Suid-Afrika, en het tans dertig atlete wat, onder afrigting van Louis Nienaber, ontwikkel word vir toekomstige deelname.

Top paalspringers afkomstig van die Paarl het dus Vrydag en Saterdag hul staal ten toon gestel.

) Die ‘Street Vault’ dien ook as voorbereiding vir die gewilde ‘Beach Vault’, wat nou self vir die derde jaar agtereenvolgens aangebied sal word.

Dié heerlike gebeurtenis, wat plaasvind in die Strand eerskomende Woensdag (16 Desember), het aanvanklik begin om aan atlete blootstelling te gee aan paalspring.

Die ‘Beach Vault’ het egter so gewild geraak, dat daar besluit is om dit ’n jaarlikse instelling te maak.

Atlete van die Boland Paalspring Akademie, asook ander nasionale en internasionale atlete, het reeds ingeskryf vir vanjaar se skouspel.

Atlete van sover as Engeland, Duitsland en Holland sal dus deelneem aan die enigste ‘Beach Vault’ in Suid-Afrika.

Senior atlete sal Woensdag se verrigtinge om 09:00 afskop. Om 16:00 behoort die laaste spronge afgehandel te wees.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za