EK wil graag namens Peter de Villiers, Willem Small, James Claasen en Wayne Julies, alle kliënte van Sport Excellence Gym om verskoning vra omdat daar nog gelde van hul bankrekenings afgetrek was.
Ons is in die proses om die betrokke persone wie hierdeur geraak was se gelde terug te betaal.
Lede sal egter moet kan bewys dat daar van hul gelde afgetrek was. Indien ek jou nog nie gekontak het nie, kan julle my enige tyd by 083-601-8611 bel.
Ek hoop die betrokke persone sal verstaan en my so gou as moontlik kontak. Weer eens baie jammer vir die ongerief