AAN mamma wat weet : Ek is bly om te hoor dat jy trots is op jou seun.
Kan jy net asseblief jou avontuurlustige seun vat daar waar hy niemand kan leed aandoen nie? Daar waar hy alleen op sy eie kan eksperimenteer?
Môre doen al wat kind is net wat hulle wil. Enige ryding op die pad in ’n nuwe bestuurder se hande is gevaarlik. Gaan lees die statistieke. Ek het my sommer weer ontstel dat ’n volwasse persoon meen ’n leerlingbestuurder kan maar esse kap voor sy skool. As jy dan so trots is op jou seun, hoekom plaas jy nie jou naam by jou brief nie?