DIT pla my dat Paarliete maklik restaurante wat deel is van kettinggroepe ondersteun, maar dat die individuele private eetplekke wat puik diens lewer, minder gewild is.
Jare gelede was daar selfs ’n inry-kafee en rolskaatsbaan in die Paarl, maar dié is lankal daarmee heen. En wat van die legendariese Wagon Wheels.
Vandag is daar steeds intieme, puik eetplekke in die Paarl - by een van hulle voel dit of jy tussen die akkerboomtoppe sit.
Ons hoef nie elders te soek buite ons eie gebiede vir puik diens en eetgenot nie.